top of page

Grondpadgedagtes

Wortels en Weerstand: Hoe die Boererepublieke hul plek probeer hou het (1852–1902)

  • Writer: Willie-Waldo Kühn
    Willie-Waldo Kühn
  • Jul 15
  • 2 min read

Die Vrystaat en die Transvaal - republieke van grond en geloof

Teen die middel van die 1800s het die Voortrekkers hul drome begin waarmaak:

  • 1852 Die Sandrivier-konvensie gee erkenning aan die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR).

  • 1854 Die Bloemfontein-konvensie gee erkenning aan die Oranje-Vrystaat. 

Beide republieke was gebou op selfregering, geloofsvryheid en ’n volkseie karakter. Die regering was eenvoudig, maar funksioneel. Die volksraad, kommandostelsel en kerke het die samelewing saamgehou.

Hier het ’n volk begin wortel skiet.


En toe kom die inmenging - goud, Britse ambisies en spanning

Dis een ding om vrede te hê as niemand in jou rigting kyk nie. Maar toe ontdek hulle goud in die Witwatersrand. Groot goud. En met goud kom gulsigheid. Die Britse Ryk het weer belangstelling gekry in die Transvaal - en in beheer.


Die Eerste Vryheidsoorlog (1880–1881)

Nadat Brittanje die ZAR in 1877 geannekseer het, het die Boere teruggeveg.

  • Die Slag by Majuba (1881) was die keerpunt.

  • Die Boere het gewen met vernuf, kennis van die terrein, en ’n veglustigheid wat nie koelbloedig bereken kon word nie.

Brittanje het toe weer die ZAR se onafhanklikheid erken - voorlopig.


Wat het hulle gebou? Skole, spoorlyne en ’n kultuur van selfdoen

Die 1880s en 1890s was ’n tyd van bou:

  • Ekonomie: Plaaslewe het gebloei, markdorpe het ontwikkel.

  • Kultuur: Liedere, literatuur en Bybelstudie het ’n volksiel gevorm.

Die Afrikaner het nie net baklei nie, hy het begin bou. Dis belangrik. Jy’s nie ’n volk net omdat jy baklei nie; maar omdat jy bou aan iets wat hou.


Toe breek die hel los - Die Tweede Vryheidsoorlog (1899–1902)

Britse imperialisme het teruggekom: hierdie keer met ten volle gemobiliseerde leërs. Die oorlog was lank, rof en wreed.


Guerillaoorlog & konsentrasiekampe

Nadat die Boereleërs militêr verslaan is, het die Boere oorgegaan tot guerrilla-taktiek. Die Britse antwoord?

  • Afbrandbeleid: Plase is afgebrand. (net van die Boere - Die Engelse & Hans-Kakis het niks oorgekom nie)

  • Konsentrasiekampe: Vroue en kinders is daarheen geskuif – en meer as 26 000 het gesterf.


Dis een van die donkerste episodes in Suid-Afrikaanse geskiedenis. En tog, daar was heldedom, gebed, en geloof tussen die ashoop.


Vroue en kinders - die stil stryders van die oorlog

Ons praat maklik van generaals soos De Wet, De la Rey, en Botha. Maar die ware martelaars? Dis die vroue in die kampe. Die moeders wat Bybels voorgelees het tussen siek kinders. Die kinders wat sang gehou het sonder kos.


Hulle geloof en standvastigheid was nie net dapper nie - dis heilig.


Vrede van Vereeniging (1902) – verloor, maar nie gebreek nie

Die Boere moes hul onafhanklikheid prysgee. Maar hulle het nie hul siel verloor nie. In nederlaag het hulle begin bou aan iets wat later sterker sou staan.


Dis in hierdie era wat woorde soos “volharding” en “vasbyt” nie net gesegdes is nie - maar geleef is.

Recent Posts

See All

Comments


© 2025 by Willie-Waldo Kühn

Proudly created with Wix.com

  • Facebook
bottom of page