In die hart van Mpumalanga se bosveld, ver van die daaglikse gejaag van stadslewe, staan daar 'n monument wat die meeste mense waarskynlik nog nooit gesien het nie. Dis nie op 'n groot roete nie, dit maak nie deel uit van ‘n bekende toerpad nie, en tog dra dit 'n swaar stuk geskiedenis. Die Trichardt-Potgieter-monument, noord van Graskop, is nie net ‘n herdenking van name op klip nie – dit is ‘n vraag aan elke gesin, elke jongmens en elke kultuurleier: “Onthou jy nog hoekom j